
Pap-en-smoor
Bestanddele
Pap:
750 ml (3 k) water
5 ml (1 t) sout
500 ml (2 k) mieliemeel
15 g (1 e) botter
Smoor:
25 g botter
2 knoffelhuisies, fyn gekap
1 ui, fyn gekap
1-2 blikkies (400 g elk) tamatiesmoor of Mediterreense tamaties
30 ml (2 e) worcestersous
10 ml (2 t) witwynasyn
5 ml (1 t) suiker
sout en vars gemaalde swartpeper
Metode
- PAP: Bring die water en sout amper tot kookpunt en roer die mieliemeel stadig by.
- Roer deurentyd tot die pap verdik. Voeg ’n eetlepel botter by en roer deur.
- Verlaag die hitte en sit die deksel op. Laat prut tot gaar.
- SMOOR: Verhit die botter en braai die knoffel en ui.
- Voeg die res van die bestanddele by en bring tot kookpunt.
- Verlaag die hitte en laat prut sowat 10 minute tot geurig. Sit die sous by die pap voor. Kook 10-15 minute tot geurig.
9,808 kere besoek