Dubbel-sjokolade-, grondboontjiebotter en karamel melkskommel

Dubbel-sjokolade-, grondboontjiebotter en karamel melkskommel

Bestanddele

50ml gesmelte donker sjokolade, afgekoel
50ml gesmelte wit sjokolade, afgekoel
2 eetlepels grondboontjiebotter
2 eetlepels Caramel Treat
3 skeppe goeie gehalte
vanilla roomys
Melk

 

Metode

Maak gebruik van ‘n menger om een skep van die roomys, die gesmelte donker sjokolade en ‘n klein bietjie melk saam te meng. Maak seker die mengsel is redelik dik. Gooi dit in ‘n 400ml glas totdat ‘n derde daarvan vol is. Sit dit in die vrieskas vir vyf minute. Herhaal met die ander skep roomys, grondboontjiebotter, karamel en melk. Maak elke keer seker dat die beslag lekker dik is. Gooi die grondboontjiebotter-laag stadig bo-oor die sjokolade-laag en sit dit terug in die vrieskas. Meng nou die laaste skep roomys, wit sjokolade en melk bymekaar en gooi dié mengsel bo-oor die ander twee mengsels. Rond die melkskommel af met room, gesmelte sjokolade, karamelsprinkels, of net waarvan jy hou!

 

Bron & Foto:  GET IT - Bloemfontein (Bob’s Peanut Butter Shack)

 
2,166 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Double Toffee Treat

Sien

The best chocolate brownies

Sien

Outydse Gemmerbier

Sien

Boerewors-sliders met tamatie salsa

Sien