Ouma Anne se Peri-Peri Hoender

Hierdie is my goeie vriend, Braam, se ma Anne se resep gewees. Heerlik op die kole!

BESTANDDELE:

  • 2 Groot hoenders in 16 stukkies opgesny
  • Sout en Peper na smaak
  • Klien bietjie suurlemoensap
  • Halwe Koppie Wit Asyn
  • Halwe Koppie Olyfolie (of gewone sonneblomolie)
  • 2 Koppies Tamatiesous
  • Halwe Teelepel Peri-Peri Speserye
  • Kwart Koppie Worchestor sous

METODE:

  1. Sout en Peper Hoender
  2. Gooi bietjie suurlemoensap oor
  3. Meng res van die bestanddele saam in 'n bak
  4. Plaas voorbereide hoender in die bak en marineer vir ten minste 5 ure
  5. Braai op braaier met lae hitte, dit moet deurgaar wees

BRON: Braam Linde

10,835 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Patat en mango gereg

Sien

Lemonade

Sien

Lemoenskilrolletjies in stroop

Sien

Tamatie en Rissie Konfyt (Mikrogolf)

Sien