BESTANDDELE:
- 3 eiers
- 1 koppie suiker
- 1 ½ koppie meel
- 1 ½ teelepel bakpoeier
- ¾ koppie melk
- 3 eetlepels botter
STROOP:
- 1 koppie suiker
- 1 koppie water
- 1 koppie vars lemoensap
- 2 eetlepes botter
- Knippie sout
METODE:
- Klits die eiers en 1 koppie suiker goed saam.
- Sif die meel en bakpoeier by die eiermengsel en meng goed.
- Bring melk tot kookpunt en smelt die botter daarin.
- Roer die kokende melkmengsel by die eiermengsel in.
- Gooi in \\'n pan en bak vir tussen 20-30 minute by 180 Grade
- Terwyl die koek bak kan jy die stroop aanmaak. Kook al die bestanddele vir die stroop saam.
- Wanneer die koek uit die oond kom, prik met \\'n vurk en gooi die kokende stroop oor.
Krediet: Marietjie Coetzee
10,243 kere besoek
Rosynebrood
Sien
Warm dubbel-sjokolade drankie
Sien
Aartappel-paptert
Sien
S'mores oor die kole
Sien
