Maklike Frikkadelle (meatballs)

Maklike Frikkadelle

 

Ek het hierdie resep by 'n kollega gekry.  Lekkerste frikkadelle wat ek nog ge-eet het.

 

Bestanddele:

  • 1kg Maalvleis
  • 1 koppie oats
  • 2 tamaties, geskil en fyn gesny
  • 1 ui gerasper
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eetlepels chutney
  • 1 eetlepel worcestersous
  • 2 eiers
  • Speserye: Origanum, Rosemary en "Spice for mince" - gooi soveel in soos jy daarvan hou
  • 1 pakkie bruin uie sop poeier
  • 500ml kookwater

 

Metode:

  1. Meng die vleis, oats, tamaties, ui, tamatiesous, chutney, worcestersous en speserye saam in 'n mengbak.
  2. Klop die eiers goed en meng by die vleis in.
  3. Maak ronde balle en plaas in 'n oodvaste bak met 'n deksel.
  4. Maak die bruin uie sop poeier aan met die 500ml kookwater en gooi oor die frikkadelle.
  5. Plaas die deksel op en bak teen 180 grade in die oond vir om en by 1,5 uur
Aantal kere besoek: 99542

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Hongaarse Tert
ongaarse Tert...meer
Roosterkoek
Roosterkoek...meer
Kerriebone
Kerriebone...meer
Peperment Sjokolademousse Tert
Peperment Sjokolademousse Tert...meer
Brandewyntert (Tipsy Tert)
Brandewyntert (Tips...meer
Tamatiesmoor
Tamatiesmoor...meer