BESTANDDELE:
- 45 ml (3 e) olie
- 1 ui, fyn gesny
- 375 ml (300 g) langkorrel-witrys, afgespoel en gedreineer
- 400g maer beesmaalvleis
- 300g botterskorsie ("butternut"), ontpit, geskil en in klein blokkies gesny
- 500ml (2k) kokend warm hoenderaftreksel
- 1 stuk pypkaneel
- sout en vars gemaalde swartpeper
- 30ml (2e) brandrissiesous
- 'n bietjie fyn kaneel
- vars koljanderblare, grof gekap, vir garnering
TAMATIE-EN-UIESLAAI:
- 2 ryp tamaties, gekap
- 1 klein ui, geskil en gekap
- bietjie bruinasyn
- suiker na smaak
- gekapte koljanderblare
METODE:
- Verhit die olie in 'n swaarboomkastrol oor matige hitte
- Soteer die ui tot dit sag is en net begin verkleur.
- Voeg die rys by en roerbraai 1 minuut.
- Verhoog die hitte, voeg die maalvleis by en braai 2 minute terwyl geroer word om die vleis op te breek.
- Voeg die pampoen, aftreksel en kaneel by. Geur met sout en peper en bring dit tot kookpunt.
- Voeg die brandrissiesous by, verlaag die hitte, bedek en kook 15 minute tot die vloeistof geabsorbeer en die rys sag is.
- Sprinkel fyn kaneel oor en stapel koljanderblare bo-op.
- Tamatie-en-uieslaai: Meng al die bestanddele vir die slaai en laat staan 'n rukkie sodat die geure kan ontwikkel.
- Sit gereg voor saam met die gekapte tamatie-en-uieslaai
BRON:
Huisgenoot 2011
3,668 kere besoek
Mokkablokkies
Sien
Macaroni en Kaas
Sien
Marshmallow Slaai
Sien
Rissie-mielies oor die kole
Sien
