
BESTANDDELE:
- 1kg (groot houer) ongegeurde jogurt
- 1 bakkie roomkaas
- 1 blikkie kondensmelk
- halwe suurlemoen uitgedruk.
- Vir die Kors: 1 pakkie tennisbeskuitjies en 2 eetlepels botter
METODE:
- Maak die tennisbeskuitjies fyn in jou blender, smelt die botter en meng met die tennisbeskuitjies.
- Gooi in 'n tertbak en druk vas met 'n lepel. Sit in die yskas vir so halfuur sodat die kors kan set.
- In 'n mikrogolfbak meng die jogurt, roomkaas, kondensmelk en sap van die suurlemoen goed saam.
- Sit in die mikrogolfoond op hoog (1000w) vir 3 minute.
- Haal uit en meng weer goed vir so 1 minuut.
- Sit terug in die mikrogolfoond op hoog vir 3 minute.
- Meng weer goed en gooi dan in die tertbak oor die kors.
- Laat dit oornag in die yskas staan.
WENK:
Jy kan ook grenadella pulp of vars bessies oorgooi.
6,635 kere besoek