Anderste Bobotie

BESTANDDELE:

  • 25ml olie
  • 1 ui geraspe
  • 15ml medium kerrie
  • 30ml appelkooskonfyt
  • 35ml asyn
  • 1 blik (300g) soutvleis
  • Sout & vars gemaalde swartpeper
  • 1 eier
  • 60ml melk

METODE:

  1. Verhit olie in pan.
  2. Soteer ui tot sag.
  3. Voeg kerriepoeier by en roerbraai 1 minuut.
  4. Voeg konfyt, asyn en soutvleis by.
  5. Geur met sout en peper.
  6. Skep in gesmeerde bak.
  7. Opsioneel: Sit piesang skyfies bo-op.
  8. Klits eier en melk en giet bo-oor.
  9. Bak 30 minute teen 180 grade C.
  10. Bedien met rys.

KREDIET:  Huisgenoot 17 Januarie 2008

3,305 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Basiese Brooddeeg

Sien

Ongebakte Bar-One-kaaskoek

Sien

Partytjieworsies

Sien

Roosterkoek

Sien