Bros Tertdeeg (kors)

Hierdie is 'n maklike deeg wat as kors vir terte gebruik kan word (heerlik bros).

BESTANDDELE:

  • 1 koppie koekmeel
  • 1 teelepel bakpoeier
  • knippie sout
  • ¼ koppie botter
  • Geel van 1 eier
  • 2 tot 4 eetelepels yswater

METODE:

  1. Sif koekmeel, bakpoeier en sout saam.
  2. Werk botter met vingerpunte totdat dit soos mieliemeel lyk.
  3. Klits eier geel en 3 eetlepels water. Sny met mes in meel mengsel in.  Moenie te veel hanteer nie.
  4. Voeg meer water by indien nodig.
  5. Druk mengsel vas op boom en kante van gesmeerde tertbord.
  6. Bak 10 minute in oond teen 200 grade C tot ligbruin.
16,222 kere besoek

Broodpoeding

Sien

Ierse Koffie

Sien

Roosterkoek (oor die kole of in die stoof)

Sien

Botterhoender-kerrie

Sien