Vlaskywe

BESTANDDELE:

  • 1 pak cream crackers
  • 1 liter melk
  • 250ml suiker
  • 60ml botter
  • 120ml koekmeel
  • 100ml mielieblom
  • 10ml vapoeier
  • 2ml sout
  • 100ml koue water
  • 3 eiers geskei
  • 5ml vanieljegeursel
  • 500ml versiersuiker (gesif)
  • 40ml kookwater

METODE:

  1. Smeer glasbak.
  2. Pak 15 van die crackers in rye van 5 x 3
  3. Halveringslyne dieselfde rigting
  4. Verhit melk tot kookpunt.
  5. Voeg suiker en botter by.
  6. Haal van stoof af.
  7. Meng meelblom, mielieblom, vla, sout en water tot pasta.
  8. Voeg eiergele by die pasta en gooi bietjie van die gekookte melk by die pasta en roer goed.
  9. Klits nou die pasta by die kookmelk in en kook tot dik.
  10. Haal van die stoof af en roer vanieljegeursel by.
  11. Vou styf geklitste eierwitte in vlamengsel in.
  12. Gooi vla oor crackers. Bedek met 15 crackers in dieselfde rigting.  
  13. Laat afkoel en plaas in yskas.
  14. Meng versiersuiker en kookwater tot smeerbare versiersel.
  15. Smeer gelyk.
  16. Hou in yskas, sny in halwe blokkies (so 30 skywe).
12,928 kere besoek

Vlaksywe

Sien

Lemonade

Sien

Biltong en Cheddarkaas Quiche

Sien

Betty se sosaties (Hoender)

Sien