BESTANDDELE:
- 500 g waterblommetjies
- 30 ml (2 T) sonneblomolie
- 1 kg skaapskenkels
- 1 bruin ui, gekap in klein dobbelstene
- 2 knoffelhuisies, gebreek
- 15 ml (1 T) gemaalde koljander
- 250 ml (1 K) witwyn
- 500 ml (2 K) voorbereide lamsaftreksel
- 500 g aartappels, geskil en in blokkies gesny
- 1 x 410 g blik Rhodes Groenbone (Cross Cut)
- Sap en skil van 1 suurlemoen
- sout en vars gemaalde swartpeper
- 65 ml (¼ K) gekapte pietersielie vir garnering
- Gekookte wit rys om mee saam te bedien
METODE:
- Plaas die waterblommetjies in 'n bak met koue water en sout en laat dit 30 minute lank week.
- Spoel die waterblommetjies deeglik af totdat dit heeltemal skoon is. Herhaal indien nodig.
- Verwyder en gooi die harde buitenste dele van die blomme en die blare weg.
- Sit eenkant.
- Verhit die olie in 'n swaarbodem kastrol.
- Braai die skaapskenkels tot bruin aan die buitekant. Sit eenkant.
- Braai die ui, knoffel en koljander in dieselfde kastrol totdat die uie sag is.
- Plaas die vleis terug in die kastrol en voeg die witwyn en die aftreksel by.
- Bring tot kook en verminder dan die hitte en laat 1 uur saggies prut.
- Voeg die waterblommetjies en die aartappels by en laat prut tot die aartappels sag is.
- Voeg die Rhodes Groenbone Cross Cut by en verhit.
- Geur die bredie met die suurlemoensap, suurlemoenskil, sout en peper.
- Sprinkel die gekapte pietersielie oor en bedien saam met die warm wit rys.
BRON: https://www.rhodesquality.com/
3,670 kere besoek
Braaibroodjies met 'n twist
Sien
Vispastei
Sien
Pekanneut-en-kondensmelk-tert
Sien
Koeskoes met spek en oondgeroosterde groente
Sien
