BESTANDDELE:
- 230g dadels
- 1 teelepel koeksoda
- 1 koppie kookwater
- ½ koppie botter
- 1 koppie suiker
- 2 eiers geklits
- 2 koppies koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ teelepel sout
- 1 koppie gepakte okkerneute (pecan nuts)
VIR DIE STROOP:
- 1 ¼ koppie suiker
- 1 eetlepel botter
- ¾ koppie water
- 1 teelepel vanieljegeursel
- knippie sout
- ½ koppie brandewyn
METODE:
- Sny dadels in klein stukkies.
- Voeg koeksoda en kookwater by helfte daarvan en roer. Laat dit afkoel.
- Klop botter en suiker tot room en voeg geklitste eiers by. Meng goed.
- Sif droë bestanddele en vou in mengsel.
- Voeg droë dadels en neute by, dan water, dadel en koeksoda mengsel.
- Skep beslag in bak en bak teen 180 grade vir 30 tot 40 minute.
Stroop:
- Kook die suiker, botter en water vir 5 minute saam.
- Verwyder van hitte en voeg die vanielje, sout en brandwyn by.
- Giet stroop oor warm tert wanneer dit uit die oond uit kom.
29,199 kere besoek