Koejawel Yskastert

BESTANDDELE:

  • 1 groot blik ingelegde koejawels
  • 1 rolkoek
  • 1 bakkie maaskaas
  • 1 blik kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 220 ml vla poeier
  • 250ml vars room
  • 1 pakkie aarbei jellie poeier

METODE:

  1. Sny die koejawels fyn en plaas in kastrol.
  2. Maak vla poeier met bietjie water aan tot gemeng. Bring koejawels tot kookpunt en meng vlapoeier by. Kook tot vla verdik het. Laat mengsel afkoel.
  3. Meng kondensmelk, maaskaas en suurlemoensap.
  4. Sny rolkoek in skywe en plaas onder in tertbak.
  5. Plaas 'n laag koejawelmengsel, en dan 'n laag kondensmelkmengsel.
  6. Vir 'n groot tert (10 of meer mense), kan die hoeveelhede verdubbel word, en 'n mens kan dit dan in meer as een laag pak.
  7. Klits room styf en smeer oor boonste laag.
  8. Gooi droee jelliepoeier oor vir versiering/kleur.

BRON: Sarie April 2012

13,062 kere besoek

Cinnabons

Sien

Hotcross Bun - Franse roosterbrood met bros spek en heuning

Sien

Boerejongens

Sien

Potatoes (Muffin Style)

Sien