Taai Hoendervlerkies

BESTANDDELE:

  • 1kg hoendervlerkies
  • ½ koppie tamatiesous
  • ½ koppie heuning of stroop
  • 15ml paprika
  • 15ml soy sous
  • 30ml appelsap

METODE:

  1. Maak die sous: Meng al die bestanddele (afgesien van die hoender) saam in 'n bak.
  2. Berei die vlerkies voor: vat elke vlerkie aan albei punte en trek 'n bietjie oop.
  3. Braai die vlerkies vir 20 minute oor medium tot warm kole totdat dit crispy is en amper gereed is. Moenie dit eerste marineer nie, braai hulle net soos dit is.
  4. Haal die vlerkies van die vuur af, plaas dit in 'n bak en gooi die sous oor. Rol die vlerkies met 'n lepel of braaitang in die sous rond, maak seker dat almal met sous bedek is.
  5. Sit terug op die braai en braai vir 5 minute todat jy 'n lekker sizzle op die vlerkies kry.
  6. Haal af en bedien.

BRON: Jan Braai (Kievits Kroon)

3,675 kere besoek

Kerriehoendertert

Sien

Mosterd Vinaigrette vir Slaaie

Sien

Naanbrood

Sien

Koejawel Yskastert

Sien