Gemmerpoeding op die stoof

BESTANDDELE:

Deeg:

  • 2 eetlepels goue stroop
  • 1 eetlepel botter
  • 1 teelepel koeksoda
  • ¼ koppie melk
  • 1 eetlepel asyn
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 eetlepel applekooskonfyt
  • 1 koppie meel

Stroop:

  • 2 koppies water
  • 1 koppie suiker
  • knippie sout
  • ½ teelepel gemmer
  • 1 teelepel kaneel

METODE:

  1. Meng alles vir die deeg saam.
  2. Gooi alles vir die stroop in 'n kastrol, roer goed en bring tot kookpunt.
  3. Skep nou lepels deeg in die stroop en draai die stoofplaat af na laag.
  4. Kook vir 45 minute met die deksel op (moet nie die deksel oplig nie).
  5. Skep uit en bedien met vla.
9,094 kere besoek

Maklike pynappel "stirfry" sous

Sien

Kondensmelkkoekies

Sien

Patatpoffertjies in stroop

Sien

Koffie-en-karamel selfsous poeding

Sien