Beesstertbredie met sjerrie

Trooskos vir die wintersaande.

BESTANDDELE:

  • 90ml koekmeelblom
  • 5ml sout
  • 15ml paprika
  • 2kg beesstert, in porsies gesny
  • 50ml braaivet
  • kookwater
  • 300g sampioene, gekerf
  • 1 rooi soetrissie, ontpit, in ringe gesny
  • 1 knoffelhuisie, gekneus
  • 2 groot uie, in ringe gesny
  • 2 vleisaftreksel-blokkies
  • 15ml kerriepoeier
  • 225ml sjerrie
  • warm, gaar ertjies vir garnering

METODE:

  1. Meng koekmeelblom, sout en paprika en bedek beesstert daarmee (hou oortollige meelmengsel eenkant).
  2. Verhit braaivet in 'n swaarboomkastrol.
  3. Verbruin beesstert.
  4. Voeg genoeg kookwater by om beesstert net-net te bedek.
  5. Sit deksel op en stowe vir 1 uur oor matige hitte.
  6. Voeg sampioene, soetrissie, knoffel, ui, aftrekselblokkies en kerriepoeier by.
  7. Roer goed deur.
  8. Plaas deksel op en stowe vir 3 tot 3½ uur tot beesstert sag is.
  9. Roer sjerrie by, plaas deksel op en stowe 15 minute.
  10. Maak gladde pasta van die orige meelblom en bietjie water.
  11. Roer by bredie.
  12. Kook vir 5 minute sonder deksel.
  13. Geur na smaak.
  14. Skep op en garneer met warm, gaar ertjies.

BRON: Onthou jy nog? saamgestel deur Anna Eksteen

1,032 kere besoek

Mikrogolf Mieliebrood

Sien

Hoender met Broccoli

Sien

Peri-peri hoenderlewerpasta

Sien

Beskuit

Sien