'n Kluitjieresep wat saam met 'n bredie bedien kan word.
BESTANDDELE:
- 250ml koekmeelblom
- 5ml bakpoeier
- 5ml sout
- 2ml droë of 5ml vars tiemie
- 10ml gekapte pietersielie
- water om te meng
METODE:
- Sif droë bestandele saam en voeg genoeg water by om 'n sagte deeg te vorm.
- Skep lepelsvol kluitjiedeeg in die bredie se vloeistof en sit die deksel op.
- Prut vir ongeveer 30 minute sonder om te loer, anders val die kluitjies plat.
- Kruie kan uitgelaat word indien verkies.
BRON: Onthou jy nog? saamgestel deur Anna Eksteen
771 kere besoek