Vanielje-roomys

'n Resep vir tuisgemaakte roomys.

BESTANDDELE:

  • 6 eiergele
  • 2 koppies melk
  • 1 koppie suiker
  • ¼ teelepel sout
  • 4 koppies room
  • 1½ teelepel vanieljegeursel

METODE:

  1. Meng die eiergele, melk, suiker en sout in 'n groot mengbak en klits dan goed saam.
  2. Laat dit dan stadig in 'n dubbele kastrol gaar word terwyl dit aanhoudend geroer word, totdat dit 'n lagie laat op die agterkant van die lepel.
  3. Dit moet nie kook nie.
  4. Laat dit goed afkoel.
  5. Voeg die room en geursel by.
  6. Skep die mengsel uit in vriesbakkies en bevries dit in die koelkas. (8 tot 10 porsies)

Vir 'n suurlemoen-roomys word ½ koppie suurlemoensap, 3 eetlepels gerasperde suurlemoenskil en 'n paar druppels geel kleursel bygevoeg.

 

BRON: Die veelsydige eier, saamgestel deur Kowie de Jager

1,359 kere besoek

Maklike Bar One Poeding

Sien

Mokkablokkies

Sien

Koejawel Yskastert

Sien

Ertjie, Bone en Spek Tert

Sien