Hollandaise-sous

'n Eenvoudige resep vir basiese Hollandaise-sous.

BESTANDDELE:

  • 2 eiergele
  • 2 eetlepels water
  • ½ tot 1 dessertlepel suurlemoensap
  • 57 gram botter
  • sout en peper

METODE:

  1. Klits die eiergele en voeg dan die water, suurlemoensap, die helfte van die botter (gesmelt), die sout en die peper daarby.
  2. Kook die sous in 'n dubbele kastrol totdat dit dik is.
  3. Haal dit van die stoof af en klits die res van die botter stukkie vir stukkie by.

BRON: Die veelsydige eier, saamgestel deur Kowie de Jager

1,085 kere besoek

Maklike Pannekoek

Sien

Kaasskons in jou "snackwich"

Sien

Kerriehoender-pot

Sien

Mikrogolf-vrugtekoek (muffins)

Sien