'n Resep vir basiese witsous.
BESTANDDELE:
- 2 eetlepels botter of margarien
- 2 eetlepels meelblom
- 1 koppie melk
- ¼ teelepel sout
- 'n knippie peper
METODE:
- Smelt die botter oor lae hitte en roer die meelblom, sout en peper geleidelik daarin.
- Voeg die melk stadig by die meelmengsel en roer dit aanhoudend totdat die sous dik en glad is.
- Laat dit nou 2 minute lank kook.
As 'n dik witsous verlang word, moet die botter en meelblom tot 3 eetlepels elk vermeerder word.
Indien 'n dun witsous verkies word, moet die meelblom en botter tot 1 eetlepel elk verminder word.
BRON: Die veelsydige eier, saamgestel deur Kowie de Jager
4,447 kere besoek