Basiese witsous

'n Resep vir basiese witsous.

BESTANDDELE:

  • 2 eetlepels botter of margarien
  • 2 eetlepels meelblom
  • 1 koppie melk
  • ¼ teelepel sout
  • 'n knippie peper

METODE:

  1. Smelt die botter oor lae hitte en roer die meelblom, sout en peper geleidelik daarin.
  2. Voeg die melk stadig by die meelmengsel en roer dit aanhoudend totdat die sous dik en glad is.
  3. Laat dit nou 2 minute lank kook.

As 'n dik witsous verlang word, moet die botter en meelblom tot 3 eetlepels elk vermeerder word. 

Indien 'n dun witsous verkies word, moet die meelblom en botter tot 1 eetlepel elk verminder word.

 

BRON: Die veelsydige eier, saamgestel deur Kowie de Jager

14,941 kere besoek

Basil, Tomato & Smoked Mozzarella Pizza

Sien

Maklike pynappel "stirfry" sous

Sien

Cremora Tert

Sien

Kaserige tuna-pannekoeke

Sien