Gebakte wit vla

'n Resep vir gebakte vla.

BESTANDDELE:

  • 1¼ koppie melk
  • ¼ koppie suiker
  • 'n knippie sout
  • 3 eierwitte, effens geklop
  • ½ teelepel vanieljegeursel
  • ¼ teelepel amandelgeursel

METODE:

  1. Voeg die suiker en sout by die melk en verhit dit tot amper by kookpunt.
  2. Giet die melk geleidelik by die geklitste eierwitte en klits dit baie goed.
  3. Voeg die geursels by.
  4. Giet die mengsel deur 'n sif in twee klein gesmeerde bakkies of in een groot bak en plaas dit dan in 'n pan met water in die oond.
  5. Bak dit vir ongeveer 30 minute lank in 'n matige oond, of totdat 'n mes skoon daaruit kom.
  6. Laat dit heeltemal koud word en bedien bruin suiker daarby. (2 porsies)

BRON: Die veelsydige eier, saamgestel deur Kowie de Jager

1,489 kere besoek

Maklike Pannekoek

Sien

Groente-en-Kaas Kasserol

Sien

Spinasiesop met room

Sien

Aarbeikonfyt (Stapsgewys)

Sien