Cinnabuns

'n Resep vir cinnabuns.

BESTANDDELE:

Deeg Bestandele

  • 1 pakkie droë gis
  • 1 koppie warm melk
  • ½ koppie suiker
  • ½ koppie margarien
  • 1 t sout
  • 2 eiers
  • 4 koppies meel

Vulsel bestandele

  • 1 koppie gepakte bruin suiker
  • 2½ t kaneel
  • 1/3 (derde) koppie sagte margarien
  • 1½ koppie versiersuiker
  • ¼ koppie roomkaas
  • ½ t vanilla
  • knippie sout

METODE:

Deeg Metode

  1. Los gis in melk op.
  2. Voeg meel, suiker, margarien, sout en eiers by.
  3. Meng en laat rys tot dubbel.
  4. Rol uit in vierkant 16 - 21 duim, ¼ duim dik.
  5. Verhit oond tot 180 grade Celsius.

Vulsel Metode

  1. Meng bruin suiker en pypkaneel, smeer margarien oor vierkant.
  2. Sprinkel suiker oor.
  3. Rol op soos rolkoek.
  4. Sny in 1+ 1/3 (derde) duim snytjies.
  5. Bak vir 15 - 20 minute.

BRON: Ons Kook! - Eldoraigne Netbal

399 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Yster Pampoen

Sien

Wortel-appel koek

Sien

Jan Braai se Lamslendetjops

Sien

Isolde se Tipsie Tert

Sien