
Maklik en vinnig om te maak.
Vir 24
Voorbereityd: 15 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
BESTANDDELE:
- 1 eetlepel botter
- 2 uie, gekap
- 4 blikkies (170 g) tuna of salm
- 1 teelepel gegeurde sout (soos Ina Paarman se braaisout)
- 2 teelepel gedroogde pietersielie of tiemie
- 2 koppies bevrore groente (ertjies, wortels en mielies)
- 2 koppies mozzarellakaas, gerasper
- 1 koppie koekmeel
- 1½ teelepel bakpoeier
- 'n knippie sout
- 1 eetlepel botter
- 1 koppie melk
- 4 eiers
METODE:
- Voorververhit die oond tot 200 grade Celsius en spuit twee dosyn-muffinpanne baie goed met kleefwerende sproei.
- Smelt die botter in 'n pan en braai die ui liggies tot sag.
- Voeg dan die gedreineerde vis, sout, kruie en groente by en roer totdat alles deurwarm is.
- Laat dit eenkant afkoel en meng dan die kaas deur.
- Meng die koekmeel, bakpoeier en sout in 'n aparte bak en vryf die botter daarby in.
- Klits die melk en eier daarby in.
- Verdeel die beslag tussen die 24 holtes en skep dan sowat 'n ¼ koppie van die vulsel in elke holte.
- Bak dit op die oond se middelste rak vir 30 minute tot goudbruin.
- Pak die muffins in 'n lugdigte houer - dit sal tot 4 dae vars bly mits jy dit op 'n koel plek bêre. Of jy kan dit vries en uithaal soos jy dit nodig kry.
Wenk:
Jy kan die tuna met gevlokte hoender vervang. Kook hoenderborsies of -worsies en trek dan die vleis met twee vurke uitmekaar voor jy dit in die tertjievulsel gebruik.
BRON: Weg! Tydskrif (13 Junie 2023) - Aletta Lintvelt
538 kere besoek