Peppermint Crisp Tert

Jy het net 4 bestanddele nodig vir hierdie maklike en heerlike tert. Dit sal lekker wees as jy dit 24uur voor die tyd maak.

BESTANDDELE:

  • 2 Peppermint Crisp Sjokolade stafies (klein stafies)
  • 500ml yskoue vars room
  • 1 blik peppermint caramel kondensmelk
  • 1 pakkie Tennisbeskuitjies

METODE:

  1. Meng die room vir 3 minute tot styf.
  2. Gooi die karamel by en meng nog 'n minuut.
  3. Rasper een van die sjokoladestafies by die mengsel en meng deur.
  4. Pak 'n 30cm x 30cm bak uit met Tennisbeskuitjies.
  5. Gooi 'n laag van die mengsel oor en smeer tot  glad is.
  6. Pak nog 'n laag Tennisbeskuitjies.
  7. Gooi die laaste van die mengsel oor en smeer glad.
  8. Krummel die koekies wat oorgebly het oor die tert.
  9. Rasper die laaste sjokoladestafie oor die tert.
  10. Sit in die yskas oornag en geniet dit die volgende dag.
1,256 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Cheezy

Melktert met Kondensmelk

Sien

Jambalaya Rys

Sien

Sondag-lamsboud

Sien

Tant Frika se skaapskenkels in die oond gebak

Sien