Dit is onwerklik hoe die tert lyk as dit klaar gebak is. Die bestanddele word alles op een slag in 'n bak gegooi. Maar is dit gaar, het die tert 'n behoorlike kors, met 'n vlavulsel in die middel en 'n klapperbolaag.
Lewer sowat 12 porsies.
BESTANDDELE:
- 4 eiers
- 50 ml margarien
- 200 g (250 ml) suiker
- 60 g (125 ml) koekmeelblom
- 2 ml sout
- 3 ml bakpoeier
- 500 ml melk
- 80 g (250 ml) klapper
- 5 ml vanieljegeursel
METODE:
- Voorverhit die oond tot 180 °C (350 F).
- Plaas al die bestanddele in 'n mengbak en klits goed totdat al die bestanddele goed gemeng is.
- Giet in 'n gesmeerde oondvaste 24cm-tertbord en bak sowat 45-55 minute lank of totdat die bokors goudbruin en vlavulsel gestol is.
BRON: Huisgenoot Wenresepte
2,102 kere besoek