Vla en Karamel Kondensmelk Tert

BESTANDDELE:

  • 1 liter melk
  • 2 eetlepels meelblom
  • 3 eetlepels vla poeier, meng 5 teelepels suiker in
  • 1 blikkie kondensmelk
  • ½ blikkie karamel kondensmelk
  • 125 ml suurlemoensap
  • 2 pakkies Tennis beskuitjies

 

METODE:

  1. Meng die vla poeier en meelblom met 'n bietjie van die melk.
  2. Meng dit nou met die res van die melk.
  3. Kook dit sommer in die mikrogolf totdat dit dik is en laat dit afkoel.
  4. Meng die suurlemoensap met die blikkie gewone kondensmelk.
  5. Gebruik die halwe blikkie karamel kondensmelk en meng dit met 'n koppie van die afgekoelde vla.
  6. Klits sodat daar geen klonte is nie.

Nou:

  1. Pak eerste laag Tennis beskuitjies.
  2. Bedek Tennis beskuitjies met 'n dik laag vla.
  3. Pak tweede laag Tennisbeskuitjies.
  4. Bedek met kondensmelk en suurlemoensap mengsel.
  5. Pak derde laag Tennis beskuitjies.
  6. Bedek met die karamel kondensmelk en vla mengsel
  7. Rasper so 4 blokkies sjokolade oor en geniet.

 

BRON: Andre's Cook Corner aangepas deur Afrikaanse Sak Pas Resepte

1,306 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Ontbyt-broodpoeding

Sien

Varktjops met lekker sous

Sien

Groentesop

Sien

Bruintjies

Sien