Maklike Pannekoek

  • Hierdie is 'n maklike pannekoek resep wat ek sommer self bymekaar gegooi het. Dit maak so tussen 12 en 15 pannekoeke.

BESTANDDELE:

  • 2 koppies(500ml) koekmeelblom
  • 2 eiers
  • Halwe teelepel sout (2.5ml)
  • 1 teelepel (5ml) bakboeier
  • Halwe koppie (125ml) Kookolie
  • 1 eetlepel (15ml) Asyn
  • 1 koppie (250ml) Melk
  • 2 koppies (500ml) Water
  • Bietjie olie vir bak
  • Suiker en kaneel na smaak

METODE:

  1. Gooi al die bestanddele saam in een bak en meng vir 10 minute baie goed met 'n klitser.
  2. Bak in bietjie olie tot ligbruin aan elke kant.
  3. Gooi gemengde suiker en kaneel oor na smaak of maak enige vulsel om mee saam te geniet. 
131,925 kere besoek

Maklike Bar One Poeding

Sien

The best chocolate brownies

Sien

Ontbeende Varkboud

Sien

Aartappel-paptert

Sien