Skaapboud

BESTANDDELE:

  • 2,5 tot 3 kg skaapboud
  • genoeg sout en peper
  • 1 ml droë roosmaryn
  • 1 ml droë basiliekruid
  • 5 ml vars knoffel, gekap
  • halwe suurlemoen se sap
  • genoeg Mrs Balls-perskeblatjang

METODE:

  1. Stel oond op 180 °C.
  2. Sit skaapboud op dubbelgevoude stuk foelie.
  3. Smeer skaapboud met genoeg sout, peper, roosmaryn, basiliekruid en knoffel.
  4. Drup van suurlemoensap bo-oor skaapboud. Smeer boud goed met perskeblatjang.
  5. Draai skaapboud om en doen dieselfde aan die onderkant.
  6. Maak boud met foelie toe en plaas in oondpan.
  7. Bak skaapboud vir 2 ½ tot 3 ure, afhangend van grootte daarvan.
  8. Haal skaapboud uit foelie en rooster onder oond se element.

Wenk: Droë roosmaryn en basiliekruid kon ook met ander vars kruie soos tiemie vervang word.

BRON: Sterkos (Uitgewer: Lapa)

1,039 kere besoek

Pork and Apple Potjie (with pap dumplings)

Sien

Kaserige oondhoender met spek

Sien

Ontbyt-Potjie

Sien

Lamsvleis-en-botterskorsiekerrie

Sien