Hierdie gammon word in jou slow cooker gemaak
BESTANDDELE:
- 1,5-1,8 kg ongerookte ontbeende gammon
- 2 liter cola (nie dieet nie)
- 1 wortel, geskil en gekap
- 1 ui, geskil en in kwarte gesny
- 1 stok seldery, gekap
- 1 kaneelstokkie
- ½ eetlepel peperkorrels
- 1 lourierblaar
Vir die glaze:
- 150ml maple syrup (esdoringstroop)
- 2 eetlepels mosterd (whole grain)
- 2 eetlepels rooiwynasyn
- knippie gemaalde naeltjies
METODE:
- Stel jou slow cooker op medium.
- Plaas die gammon in en bedek met die cola.
- Voeg 1 gekapte wortel, 1 in kwarte gesnyde ui, 1 gekapte selderystokkie, 1 kaneelstokkie, ½ eetlepel peperkorrels en 1 lourierblaar by.
- Kook vir 5½ uur totdat die gammon sag is, maar steeds sy vorm behou, vul aan met kookwater indien nodig om die gammon heeltemal bedek te hou.
- Gooi die vloeistof versigtig af, laat die gammon 'n bietjie afkoel terwyl jy die oond tot 180 °C verhit .
- Plaas die gammon in 'n roosterpan en sny dan die vel weg en laat 'n egalige laag vet agter. Sny die vet oraloor in 'n kruispatroon.
- Meng die stroop, mosterd, asyn en gemaalde naeltjies in 'n beker. Gooi die helfte oor die vet, rooster vir 15 min, gooi dan die res oor en keer terug na die oond vir nog 30 min.
- Haal uit die oond en laat rus vir 10 minute.
- Kan op die dag of tot twee dae vooruit gerooster word en koud bedien word.
BRON: bbcgoodfood.com
805 kere besoek
Warm Koringslaai
Sien
Sjokolade Melkskommel
Sien
Taai Hoendervlerkies
Sien
Hollandaise-sous
Sien
