Mikrogolf Fudge

BESTANDDELE:

  • 1 blik kondensmelk
  • 500 ml wit suiker
  • 125 g harde geel margarien
  • 5 ml vanielje geursel

METODE:

  1. Plaas suiker, kondensmelk en margarien in 'n groot DIEP plastiekbak (mikrogolfbestand).
  2. Mikrogolf op hoog vir 5 minute.
  3. Haal uit en roer net genoeg om bestanddele goed te meng en sit terug in mikrogolfoond.
  4. Mikrogolf weer op hoog vir 5 minute.
  5. Kleur van die mengsel behoort nou 'n ligte karamel kleur te wees. Indien jy dit donkerder wil maak, sit weer terug in mikrogolf en sodra die kleur reg is, haal uit en gooi die vanielje by.
  6. Gooi in ‘n gesmeerde plat bak.
  7. Wanneer gestol en nog warm, sny, anders is dit te hard as dit afgekoel het.
49,564 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Chicken Lettuce Salad

Sien

Goudglans Hoender

Sien

Hoender met Sampioene (Mikrogolf)

Sien

Betty se sosaties (Hoender)

Sien