BESTANDDELE:
- 1¼ koppie suiker
- 2 eetlepels botter
- 1 teelepel gelatien
- 2 koppies kookmelk
- 1 pakkie mariebeskuitjies
- 2 eetlepels maizena
- vanilla essens
METODE:
- Braai die botter en suiker tot ligbruin.
- Voeg kookmelk by en roer vinnig , laat ‘n bietjie kook.
- Roer maizena met melk aangemaak by en laat goed kook terwyl geroer word.
- Maak gelatien met ‘n bietjie water aan en skuif kastrol van die plaat af , roer gelatien by.
- Voeg laastens die geursel by .
- Pak beskuitjies in ‘n bak en gooi die warm mengsel oor.
- Laat afkoel en plaas in die yskas.
11,813 kere besoek
Broccoli Slaai
Sien
Spinasie tert
Sien
Tamatiekonfyt
Sien
Bros Konfyt koekies
Sien
