Goudglans Hoender

BESTANDDELE:

  • 1 kg hoenderborsies(6-8)
  • sout en vars gekapte swartpeper
  • 250ml mayonnaise
  • 125ml fyn appelkooskonfyt
  • 1 pakkie (60g) bruin uiesop poeier

METODE:

  1. Rangskik die hoenderborsies met die velkant na bo in n vlak , mikogolfvaste bak.
  2. Geur goed met sout en swartpeper , bedek met handdoekpapier en mikrogolf vir 8 minute lank by 100 % krag.
  3. Dreineer die sous wat in die bak vorm indien verkies.
  4. Draai die borsies om sodat die velkant nou onder is.
  5. Meng die res van die bestanddele goed saam.
  6. Verhit effens sodat die appelkooskonfyt kan smelt en goed meng met die res van die bestanddele.
  7. Giet die sous oor die hoenderborsies en mikrogolf 8 minute lank , onbedek by 100% krag .
  8. Draai weer die borsies om en mikrogolf nog 6 minute lank , onbedek by 100% krag.
  9. Bedruip gereeld met sous.
  10. Laat dit ‘n rukkie lank staan.
  11. Bedien warm saam met rys of fyn aartappel.
6,478 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Biltong

Wit Teekoekies

Sien

Aarbeikonfyt (Stapsgewys)

Sien

Grondboontjie-broslekkers

Sien

Marshmallow Kaaskoek

Sien