Koue Kerrie Noodle Slaai

Bestanddele

  • 500g Gaar Noodles (Spiral Noodles werk lekker)
  • 1 Groot Green Pepper Gekap
  • 1 Groot Ui Gekap
  • 250ml Tamatiesous
  • 125ml Asyn
  • 125ml Olie
  • 200ml Suiker
  • 1 Eetlepel Kerrie Poeier
  • Sout en Peper na smaak

Metode:

  1. Braai gekapte uie vlugtig in klein bietjie olie saam met Kerrie poeier (nie te lank nie uie moet nog sy varsheid behou)
  2. Voeg green peppers, tamatiesous, asyn, olie en suiker by.
  3. Laat net vir n rukkie prut tot die suiker gesmelt het in die sous.
  4. Voeg by klaar gaar noodles en meng goed.
  5. Bere in yskas tot dit koud is
  6. Tip: Noodle slaai is baie lekkerder as dit oor nag gestaan het, probeer dit gereeld deur roer sodat die sous nie aan die onderkant van die bak gaan le nie
96,886 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Bees & Bier Potjiekos

Sien

Gebakte Appelpoeding

Sien

Gesondheidsbeskuit

Sien

Koffie-en-karamel selfsous poeding

Sien