Bestanddele:
- 1 Pak Gaar Spaghetti
- 2 Pakkies Diced Bacon Bits
- 2 Pakkies Woolworths Garlic/Chilli/Ginger bakkies
- 1 Gesnyde Green Pepper & Red Pepper
- 20ml Olie
- Vars Gesnipperde Parsley
- Suurlemoen Sap
- Aromat
Metode:
- Gooi olie in pan om bacon in te braai.
- Net voor bacon heeltemal gaar is voeg al die garlic en chilli (mense wat nie gereg te warm wil he nie moet maar self kies hoeveel chilli hulle wil byvoeg na gelang van smaak) by en laat dit n rukkie saam braai.
- (Die gemmer is ongelukkig een van daai afdelings wat jy maar gaan moet laat staan vir n ander gereg. Woolworths se bakkies het presies die regte porsies in wat benodig is. Let asb daarop dat dit een bakkie is met 4 afdelings)
- Al die geure trek in die olie in wat dan help met die geuring van die pasta
- Voeg dan gesnyde peppers by en roer goed deur terwyl dit braai
- Voor jy dit afhaal kan jy die gesnipperde parsley byvoeg en goed meng
- Gooi alles bo oor spaghetti en roer goed deur
- n Bietjie suurlemoensap en aromat kan oor by gevoeg word
- Sit in bakkies voor vir gaste saam met aparte suurlemoensap en aromat sodat hulle kan byvoeg volgens smaak
- TIP: Dit is juis die smaak van suurlemoensap, aromat en chilli kombinasie wat dit uniek maak
8,149 kere besoek