Hierdie resep het ons al baie kere probeer. Elke keer met 100% sukses.
Ek leen dit uit Kook en Geniet
BESTANDELE:
- 125ml (halwe koppie) botter of margarien
- 250ml (1 koppie) suiker
- 5ml (1 teelepel) vanieljegeursel
- 2 eiers
- 500ml (2 koppies) koekmeelblom
- 10ml (2 teelepels) bakpoeier
- 2,5ml (halwe teelepel) sout
- 4 tot 6 ryp piesangs
METODE:
- Voorverhit die oond tot 180 grade C
- Klits die botter en suiker tot romering
- Voeg die vanieljegeursel by en meng goed
- Voeg die eiers een-vir-een by en klits goed na elke een
- Sif die droƫ bestandele saam in 'n apparte bak en voeg by die eiermengsel en meng goed
- Maak die piesangs fyn en meng dit by die beslag
- Gooi in 'n gesmeerde broodpannetjie
- Bak vir 1 uur
WENK: Ek gebruik die liquidizer om die piesangs fyn te maal om 'n fyn mousse te kry. Laat die broodjie oornag staan, dit proe baie lekker die volgende dag :-)
99,088 kere besoek
Chocolate Custard Tiramisu
Sien
Taai Hoendervlerkies
Sien
Suurlemoen Meringue Tert
Sien
Aarbeikonfyt (Stapsgewys)
Sien
