BESTANDDELE:
- 1 Koppie room
- 1 Groot blik All Gold fyn appelkoos konfyt, gebruik so ¾ blik
- 1 Groot Bottel Mayonaise
- Swart Peper
- Vars Snoek
- Sit die konfyt in die mikrogolf vir so 2 minute, gooi dan by room in groot mengbak,
- Gooi knoffel in na smaak,
- Gooi Mayonaise by,
- Geen sout,
- Swart peper na smaak
METODE:
- Meng alles goed
- Vou 'n stewige bak met foil, blink kant moet na binne wys,
- Gooi die helfte van die sous in die bak en sit die vis daarin, velkant na onder, gooi dan die res van die sous bo-oor.
- Maak ook 'n deksel van die foil en sit oor, vou die kante om sodaat die vis binne kan stoom.
- Die vuur moenie te warm wees nie, die sous moet net liggies prut, neem omtrent 'n uur of tot die vis se vesel maklik ooptrek met 'n furk.
- Moenie weer verhit nadat dit koud geword het nie.
11,509 kere besoek
Ontbyt in 'n muffin pan
Sien
Viskerrie
Sien
Bone-en-groente-pot
Sien
Kits Suurlemoenvlatert
Sien
