Indiese kerrie
Dis ‘n baie geurige gereg en nie té sterk nie.
- 15 ml elk botter en olyfolie
- 1 ui, in ringe gesny
- 2 brandrissies, ontpit en opgekap
- 6 huisies knoffel, gekneus of
- 5 ml knoffelsout
- 1 kg maalvleis
- 7,5 ml borrie
- 5 ml mosterdsaad
- 4 heel naeltjies
- kaneelstokkies
- 15 ml masala vir kerrie
- 10 ml vars koljanderblare, opgekap
- 10 ml gemaalde gemmer
- 5 ml gemaalde komynsaad
- 2 kardamompeule
- 3 tamaties, geskil en opgekap
- 500 ml bruin lensies, gaar
- 10 ml gharam-masala
Verhit botter en olie in ‘n kastrol en braai die ui, brandrissies en knoffel liggies daarin. Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die volgende nege speserye by, dan die tamatie en daarna die lensies. Voeg kookwater by soos verkies en kook liggies. Voeg gharam-masala laaste by en laat goed prut.
Bedien met rys of pasta of roti.
KREDIET: landbou.com
13,809 kere besoek
Double Toffee Treat
Sien
Souskluitjies
Sien
Aartappel-paptert
Sien
Pina Colada Kolwyntjies
Sien
