Appelkooskoekies

APPELKOOSKOEKIES
 

8 x 250ml koekmeel
Knippie sout
500g botter of margarine
4 x 250ml suiker
250ml appelkooskonfyt
15ml koeksoda
4 eiers, geklits                                                   

Stel die oond op 180 grade C. Sif die meel en sout saam. Vryf die botter goed by die meel in. Voeg die suiker by en meng goed. Plaas die appelkooskonfyt in n klein mengbak en voeg die koeksoda by. Laat staan eenkant tot die mengsel begin opbruis. Meng al die bestanddele goed saam. Laat staan oornag. Rol in balletjies, plaas op n gesmeerde bakplaat en druk effens plat met n vurk. Bak 10 tot 15 minute in die voorverhitte oond.
Lewer sowat 150 koekies.

16,158 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Tiramisu

Sien

Aartappel en Sampioen Gebak

Sien

Rooi fluweelkaaskoekies

Sien

Ouma Annie se Koekstruif

Sien