Ontbyt-broodpoeding
- 8 Eiers
- 1l Melk
- 1 Pakkie wit uiesoppoeier
- 8 Croissants oopgesny, maar nie deur gesny nie
- 170g Ham in repies gesny
- 300g Gerasperde Chedderkaas
- 'n paar takkies tiemie , blaartjies verwyder
- Sout
- Varsgemaalde swartpeper en neutmuskaat
Voor verhit die oond op 160*C, smeer oondvaste bak van 20 x 30 x 5cm goed met botter
Klits die eiers, melk, en wit uie soppoeier saam en geur met kruie
Vul die croissants met die ham en helfde van die kaas
Rangskik die croissants in die oondvaste bak sodat dit soos toebrooitjies oorvleul en strooi die tiemie blaartjies oor.
Giet die eiermengsel oor die croissants en druk dit sodat die mengsel geabsorbeer word, strooi die res van die kaas bo-oor
Bak vir ongeveer 1 uur tot gepof, goudbruin en gaar.
Bedien warm saam met sampioene, knoffelbotter en tamaties
10,615 kere besoek