Basiese Brooddeeg

Hierdie is 'n basiese resep vir witbrooddeeg 

BESTANDDELE:

  • 500g broodmeel
  • 1 pakkie droĆ« gis
  • 5ml sout
  • 5ml suiker
  • 400ml lou-warm water
  • 50g Botter

METODE:

  1. Vryf die botter in die meel in
  2. Meng die gis, sout, suiker en lou-warm water saam en voeg by die meel
  3. Meng die bestanddele met 'n houtlepel saam tot 'n bolvormige deeg
  4. Knie die deeg goed (so 10 minute), dit moet baie elasties wees
  5. Sprinkel bietjie water oor en maak die skottel dig toe met foelie/plastiek/deksel (of 'n sak) en plaas in warm area totdat die deeg verdubbel het in grootte
  6. Plaas in broodpanne en bak so halfuur teen 200 grade C.

WENK:  Ek gebruik plastiekhandskoene as ek die brood knie sodat my hande nie taai is van die deeg nie.  Voor ek dit in die oond sit sprinkel ek weer water oor. Jy kan die botter ook by die lou-warm water gooi om te smelt saam met die ander bestanddele.

Geniet dit!

Aantal kere besoek: 14209

Kommentaar:


Hierdie resep het nog geen kommentaar nie, jy kan inlog en die eerste een wees om kommentaar op hierdie resep te lewer!

Vra-Na-Meer-Hoender
Vra-Na-Meer-Hoender...meer
Peperment Sjokolademousse Tert
Peperment Sjokolademousse Tert...meer
Maklike En Vinnige Pasta
Maklike En Vinnige Pasta...meer
Kampkerriekos
Kampkerriekos...meer
Slakke in Knoffelbotter
Slakke in Knoffelbotter...meer
Heerlike Chips Doopsouse
Heerlike Chips Doopsouse...meer