Broodpoeding

BESTANDDELE:

  • 10 snye brood
  • ½ koppie suiker
  • 3 eetelepels botter
  • 4 koppies melk
  • 4 eiers

BOLAAG:

  • 1 koppie botter, sag gemaak tot romerig
  • 2 koppies suiker
  • 2 eiers
  • 2 teel vanilla geursel (10ml)

METODE:

  1. Neem 10 snye brood, sny korsies af en sny groot blokke, 1 sny – 4 blokke.
  2. Gooi ½ koppie suiker bo-oor brood blokke.
  3. Smelt 3 eetl botter, gooi 4 koppies melk by (1l), laat melk net warm word, nie kook nie.
  4. Klop 4 eiers, gooi baie stadig by warm melk mengsel, die eiers moet nie stol nie, meng goed.
  5. Gooi mengsel oor brood blokke, laat staan vir 5 minute dat melk goed intrek. 
  6. Bak vir 40 minute in 180 grade C voorverhitte oond.
  7. As poeding klaar gebk is, haal uit oond en meng alles vir die bolaag saam en smeer rofweg oor die poeding.
  8. Plaas terug in die oond vir 20 minute, poeding is mooi bruin as uitkom, bedien met vla.

BRON: Maak 'n Las

40,357 kere besoek

Varktjops met tiemie-roomsous

Sien

Waldorf Slaai

Sien

Gebakte Kaaskoek

Sien

Grondboontjie-broslekkers

Sien