Chicken a-la-king

 

CHICKEN A LA KING

 

WAT JY BENODIG:

 

  • 600gr blokkies gaar hoender wat gestoom is tot sag met sout, knoffel en brandrissievlokkies
  • 3 eetlepels botter vir braai
  • 1 ui, fyn gekap
  • 250gr sampioene in skyfies gesny
  • 1 rooi en 1 groen soetrissie in blokkies gesny
  • 3 eetlepels mielieblom (maizina)
  • 2 koppies warm melk
  • 1 koppie hoenderaftreksel
  • bietjie vars room (opsioneel)

 

WAT JY MOET DOEN:

 

  1. In 'n pan, oor matige hitte, voeg die botter by en kook die uie tot sag en deurskynend.
  2. Voeg soetrissies en sampioene by en kook vir sowat 5 minute.
  3. Voeg die mielieblom by en kook vir 'n minuut of twee, roer aanhoudend.
  4. Verwyder van die hitte, voeg die melk en aftreksel wat reeds saam stadig gemeng is by en roer aanhoudend.
  5. Bring tot kookpunt en roer tot glad en romerig. Sowat 5 minute.
  6. Voeg die hoender by en kook vir 'n verdere 10 minute of tot net gaar.
  7. Roer room by (opsioneel) en bedien warm.

 

WENK:

Bedien met pasta of wit rys en 'n groenslaai.

20,403 kere besoek
Cleo's Braai Pie - Olive & Rosemary

Stokkie-worsrolletjies

Sien

Kebabs met peppadews

Sien

Ouma Ies se koperpennie wortelslaai

Sien

Barbara Jooste se Melktert

Sien